
VERKEN HUPPELKIND LEERSENTRUM
![]() | ![]() | ![]() |
---|---|---|
![]() | ![]() | ![]() |
![]() | ![]() |

Huppelkind Leersentrum Inspirasie
Ons streef elke dag daarna om ons leerders se behoeftes te bevredig.
Elke liewe leerder lê na aan ons harte - ons sal uit ons pad uit gaan om seker te maak hulle emosionele welstand word na omgesien en nie net akademie nie.
Daar is ‘n gesegde wat sê: “Eat-sleep-repeat” - en dit is presies ons roetine “Huppelkind-slaap-herhaal”. Dit is ons passie en daarom doen ons alles wat ons doen met volharding en toegewydheid. Ons doel elke liewe dag is om elke leerder te sien glimlag, presteer en floreer - as ons kinders daardie 3 eienskappe uitstraal dan weet ons Huppelkind Leersentrum het sy doel bereik.
Ons het fantastiese personeel wat Huppelkind linker-en-regterhande daagliks is. Sonder hulle sou niks moontlik wees nie, daar is geen twyfel dat hulle roetine ook “Huppelkind-slaap-herhaal” behels en dat dit nie vir een van hulle moeite is nie. Hulle leef hulself in hulle werk en die leerders se lewens in. Hulle sien om na die welstand van ons leerders. Huppelkind Leersentrum is geseënd om sulke wonderlike personeel te hê vir wie ONDERWYS nog ‘n PASSIE is. Huppelkind Leersentrum besit diamante as personeel en hulle word opreg waardeer omdat ons weet hoe skaars hulle is.
Ons het ongelooflike leerders. Dissipline, akademie, pret en emosionele welstand word eweredig gebalanseer. Ons kan met opregte harte sê dat enige persoon wat ons besoek en werklik aandag gee aan die optredes van ons leerders sal kan sê dat ons leerders het wat gelukkig is, dissipline toepas, saamwerk en ALLES wat hulle doen tot die BESTE van hulle vermoë doen.
Ons het ouers wat ons steunpilare is - geen taak is ooit vir hulle teveel nie. Ons ouers is aktief betrokke by die aktiwiteite en gee om vir die welstand van hulle kinders. Om met sulke ouers te kan werk is ‘n fees.
Sonder Huppelkind sou ons as personeel asook ons leerders verlore wees. Ons vul mekaar se leë plekkies aan.
Ons is besonders dankbaar en sê vandag dankie vir elke liewe personeellid, ouer en leerder wat die bogenoemde gevoelens vir ons moontlik maak.
Vriendelike Groete
Samantha Harris
admin@huppelkindls.co.za
084 585 7414

“OPVOEDING is
die mees
KRAGTIGSTE
WAPEN
wat jy kan gebruik
om die wêreld te
verander.”
Nelson Mandela

Kontak ons vir meer inligting
Huppelkind Leersentrum
Address:
Email:
Phone:
0845857414